
=====================================================================
Gevangene (AV 6:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Gevangene

  Deur Jac J. Brits DIE boer se vrou het hom die oggend dood in die stal aangetref. Hy het voordag opgestaan om nog 'n siek perd te versorg 
en is blykbaar deur die moordenaar oorval.

Dit was al wat sy die Polisie kon vertel. Later het sy ook met die media gepraat. Hulle het nie lank gebly nie, uit respek of meelewing; of 
miskien omdat oor ander soortgelyke tonele berig moes word. Die lewe strek immers wyer as 'n enkeling se persoonlike tragedie.

Die aanvanklike skok was gou verby. Vriende en familielede het die oorledene begrawe en toe oor die lewe begin praat. Oor mre en oormre. 
Want die lewe durf nie stilstaan nie.

"Jy moet by ons kom bly; sommer lank, hoor," nooi haar suster. "Dit sal verskriklik wees sonder 'n kind wat jou aandag aflei. Hoekom kom jy 
nie sommer nou saam nie? Jy het mos 'n betroubare voorman."

"Nie nou nie," keer sy. Haar gedagtes was nog by gister en 'n paar minute vroer by die graf. Dis vir haar of hier, voor hulle koms, niks 
was nie; nie eens lug om in te asem nie. Ook die blou hemel en die bruin grond -- niks het bestaan nie. Hy het alles met hom saamgebring en 
aan elke oomblik lewe gegee. Sy krag, sy geloof: ja, bo alles, sy geloof. Ook vir haar het hy nuwe lewe gebring. Soos die jaargetye deel 
was van hierdie stuk aarde, so het sy deel geword, so het sy vasgegroei.

Tot eergister toe die kruik leeggeloop het.

"Het jy gesien," s sy aan haar suster langs haar, "die perskebome bot nog nie?"

"Dis nog te koud, jong, al s die kalender ook wat."

Sy knik, maar s niks nie asof dit heilige dinge is waaroor sy nie durf praat nie.

Die begrafnisgangers kom groet almal en s hulle sal weer kom; sy moet belowe sy sal nie vereensaam nie. Sy vind dit vreemd; hoe sal sy 
weet wat eensaamheid is, sy wat nooit eensaamheid geken het nie?

'n Sondagkoerant berig die daaropvolgende Sondag dat 'n vorige werknemer in hegtenis geneem is. Die Polisie glo hy wou wraak neem omdat hy 
afgedank is. Die voorman, 'n ou man wat lyk of hy 'n las dra, kom wys dit vir haar.

"Gods meule maal stadig maar seker," s hy met 'n bewende stem.

Sy verstaan nie wat hy bedoel nie. Watter sin het die dood? Is alles voorbestem? Een sterf gewelddadig, onnodig; sy protesterende stem 
skrei teen die lewe in, vervloek die lewe omdat dit die dood nie kon besweer nie. En 'n ander man word veroordeel omdat hy 'n lewe geneem 
het. Wat gaan daar in sy gedagtes om? Herleef hy soms die ontsettende oomblik? Wat was die laaste woorde tussen hom en haar man?

Sy gaan die Maandag dorp toe om die voorlopige ondersoek by te woon. Sy gaan sit skuins voor sodat sy die verrigtinge kan volg, maar dit 
duur net tien minute, want die beskuldigde pleit onskuldig en die saak word uitgestel.

Net n oomblik het sy na hom gekyk. Haar o het vir die gevangene ges, jy het my lewe weggevat; maak dit enigsins vir jou saak? Sy o het 
ook gepraat, maar sy kon die taal nie verstaan nie.

Toe sy later by die huis kom, gaan sy vir die eerste keer na die eenvertrekhuisie waar die beskuldigde gewoon het. Daar is niks nie, 
behalwe 'n katel met 'n matras en laken en kombers. En 'n kussing met die vorm van sy kop nog daarop uitgedruk. Standaarduitrusting. Om te 
kan bestaan. Niks meer nie. Geen prent aan die muur nie. Nie eens graffiti nie -- asof die stilte van die leegheid genoegsaam is.

Ek sal die plek moet laat skoonmaak, dink sy. Alles uitsmyt en verbrand, anders sal niemand weer hier wil bly nie.

Toe sien sy die rooi serp onder die kussing uitsteek. Sy trek dit huiwerig uit. Skrik hewig toe iets op die vloer val.

Dis die foto van 'n jong meisie. Amper 'n kind nog, met helder o en 'n glimlag wat 'n geliefde uitnooi na 'n fees.

Daar is net een naam agterop die foto. In los, onvaste letters From Precious. En twee woorde: with love.

Sy neem dit huis toe en die volgende dag gaan gee sy dit vir die aanklaer. "Dis syne. Sal u sorg dat hy dit kry?"

Toe sy terugry huis toe, huil sy die hele pad. Oor baie dinge. Oor haar man wat sy verloor het. Oor haar eie eensaamheid. En oor al die 
jeugliefdes die wreld oor wat nooit tot wasdom kom nie.

KORTVERHAAL

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6315.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1999 /// Streef na onafhanklikheid van politieke gees. (AV 6:3) 
/// Troukoors (AV 6:3) /// Afrikaans bring die Woord aan Kung-praters (AV 6:3) /// Brief uit Murraysburg (AV 6:3) /// Ode aan my 
leermeesteres (AV 6:3) /// Suksesse met onderwysprojekte (AV 6:3) /// Afrikaansdag treffer by Vista (AV 6:3) /// Nuwe woorde uit anderhalwe 
dekade (AV 6:3) /// Rekenaar help Afrikaansleerders (AV 6:3) /// 'Wat ek wil s, kan in Afrikaans ges word' (AV 6:3) /// 'n Omstrede 
veteraan bieg (AV 6:3) /// Vaardig met tong en hand (AV 6:3) /// Dit kook en prut in die taalpot (AV 6:3) /// Johan Combrink was 'n 
DOENmens (AV 6:3) /// Gevangene (AV 6:3) /// George doen ding vir Afrikaanse reklame (AV 6:3) /// Leeslus het losgekom -- Internet gee 
koopnuus (AV 6:3) /// Gee swaarkry van Oorlog nuwe sin (AV 6:3) /// 'O moedertaal ... jou het ek lief bo alles ...' (AV 6:3) /// Waardeer 
mekaar se verdienstes (AV 6:3) /// Kalklig-dief (AV 6:3) /// IiLwimi wil taalregte en veeltaligheid uitbou (AV 6:3) /// Wenners munt uit 
met raaks-Afrikaans (AV 6:3) /// Baksel in die winter (AV 6:3) ///

